top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sakeliga wil hof toe oor rassekwotas in internet- en ander kommunikasiedienste

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
23 hours ago
1 min read

Sakeliga wil hê die hooggeregshof moet ingryp teen 'n vereiste van die onafhanklike kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa). Dit behels dat minstens 30% van ’n onderneming se aandele deur swart mense of voorheen benadeelde groepe besit moet word, voordat ’n lisensie vir internet- en ander kommunikasiedienste toegestaan, hernu of oorgedra kan word.


Volgens Sakeliga sluit dié rassekwota plaaslike én internasionale ondernemings van die mark uit, ondanks die moontlikheid dat die wet alternatiewe voorwaardes toelaat.


Maroela Media berig die geskil spruit uit die vertolking van die Wet op Elektroniese Kommunikasie. Okosa sê die wet vereis minstens 30%-aandeelhouding deur voorheen benadeelde groepe, en dat ’n wetswysiging nodig sou wees om van dié vereiste af te wyk. Sakeliga stem nie saam nie, en sê die wet maak voorsiening dat ander voorwaardes ook voorgeskryf kan word.


Sakeliga sê ’n suksesvolle hofbevel sal nie alle rasgegronde vereistes uitskakel nie, maar ondernemings minstens die geleentheid bied om deur sogenaamde ekwivalente alternatiewe aan die vereistes te voldoen.


Ter illustrasie. FOTO: Sakeliga
Ter illustrasie. FOTO: Sakeliga

 
 
 

Comments


bottom of page