Salga doen ’n beroep op partye om bekwame raadslede te kies

Sep 11
1 min read
Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) het ’n beroep op politieke partye gedoen om bekwame kandidate te kies om as raadslede in munisipaliteite te dien.
Die organisasie het sy kommer uitgespreek oor raadslede wat versuim om hul pligte na te kom nadat hulle verkies is.
Salga het vandeesweek sy provinsiale ledevergadering in Noordwes gehou.
Die organisasie sê partye moet raadslede kies wat die verantwoordelikheid verstaan wat met die dien van hul gemeenskappe gepaardgaan.








Comments