top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Salga gaan nuutverkose raadslede met vaardighede toerus

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago
1 min read

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) gaan 'n inlywingsprogram vir raadslede instel om pasverkose verteenwoordigers met die nodige vaardighede toe te rus.


Die vereniging doen 'n beroep op politieke partye om ná die verkiesing van 2026 voorkeur te gee aan stabiele munisipale rade en beter dienslewering.


Dit sê koalisiereëlings, veral in rade waar daar nie 'n volstrekte meerderheid is nie, moet verantwoordbaarheid bevorder en politieke onstabiliteit voorkom.


Die organisasie veroordeel politieke geweld tydens die verkiesing en dring daarop aan dat die skuldiges voor die gereg gebring word.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page