top of page

Sarkozy is voëlvry ná net drie weke in die tronk

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 11
  • 1 min read

Die voormalige Franse president, Nicolas Sarkozy, is uit ‘n tronk in Parys vrygelaat, slegs drie weke ná sy vyf jaar tronkstraf begin uitdien het.


Die 70-jarige het Maandag virtueel voor ‘n hof verskyn wat sy vroeë vrylating toegestaan het.


Hy is verlede maand gevonnis vir sameswering om sy 2007-verkiesingsveldtog te befonds met geld van die oorlede Libiese diktator Muammar Gaddafi.


Sy regspan het onmiddellik ‘n versoek ingedien om sy vrylating.


Die BBC berig dat Sarkozy onderworpe sal wees aan streng geregtelike toesig voor ‘n appèlverhoor wat na verwagting volgende jaar gehou sal word.


Nicholas Sarkozy. FOTO: Al Jazeera
Nicholas Sarkozy. FOTO: Al Jazeera

Comments


bottom of page