top of page

Seksuele oortredings en poging tot moord neem toe

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 29, 2025
  • 1 min read

Die polisie se misdaadregistrateur, generaal-majoor Thulare Sekhukhune, sê hulle het meer seksuele oortredings en pogings tot moord in die eerste en tweede kwartaal van die jaar aangeteken.


Sekhukhune het ‘n opdatering gegee oor die langverwagte misdaadstatistieke vir die eerste en tweede kwartaal in die land.


Hy sê seksuele oortredings het met 22 meer aanklagte toegeneem vanaf die voorheen aangetekende 12 765 voorvalle. Sekhukhune sê die aangetekende seksuele oortredings staan ​​nou op 12 787, wat ‘n toename van 0,2% is.


LUISTER:


Thulare Sekhukhune

Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page