Suid-Afrika se misdaadsyfers daal
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 28
- 1 min read
Daar is 'n beduidende afname in misdade in die land.
Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het Vrydag die jongste kwartaallikse misdaadstatistieke bekende gestel. Dit is vir die eerste en tweede kwartale van die huidige boekjaar en strek dus van April tot September vanjaar.
Die minister het aangedui dat daar ʼn effense verbetering is met ʼn beduidende afname in misdade in die meeste kategorieë. Voorvalle van aanranding met die doel om ernstig te beseer en kontakmisdade in die algemeen het afgeneem, maar poging tot moord en rooftogte het toegeneem.
Daar was ook ʼn afname in die drie misdade wat bekend staan as die trio-misdade, naamlik motorkaping, huisrooftogte en sakerooftogte.






Comments