top of page

Sekuriteitsbeamptes is vas vir moord

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 5 days ago
  • 1 min read

Twee sekuriteitsbeamptes van Ladybrand in die Vrystaat is in hegtenis geneem vir die vermeende moord van 'n man en die aanranding van sy broer. Die mans word blykbaar daarvan verdink dat hulle mielies van 'n plaas af gesteel het.


Adjudant-offissier Mmako Mophiring sê in 'n verklaring die polisie het op 'n oproep gereager en op die een man afgekom. Hy is op die toneel dood verklaar. Sy jonger broer is erg beseer naby die rivier by 'n stortingsterrein gekry. Hy is na 'n hospitaal vir behandeling vervoer.


Die twee verdagtes sal binnekort in die Ladybrand-landdroshof op aanklagte van moord verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page