Ses jaar ná ‘nluiperd se dood is die skuldige nog nie gevonnis nie

Ses jaar nadat ’n luiperd onwettig in ’n hok gevang en sonder kos of water gelaat is totdat hy dood is, is ’n man wat op ses aanklagte in verband met die voorval skuldig bevind is, steeds nie gevonnis nie.
Maroela Media berig die saak teen André Barnard is Donderdag weer uitgestel en sal nou op 7 Oktober vir vonnisoplegging voortgesit word. Dit was die 20ste hofverskyning wat die Landmark-stigting in dié saak bygewoon het.
Volgens die stigting is die saak uitgestel omdat die voorvonnisverslag steeds nie beskikbaar is nie, ondanks die feit dat sowat drie maande reeds verloop het sedert Barnard skuldig bevind is.
Die luiperd is in 2020 dood. Die stigting sê hy wil nou hê die regstelsel moet die saak tot ’n einde bring en wys dat Suid-Afrika se wette ter beskerming van wild “werklike krag” het.









Comments