Sesde sluishek by Vaaldam oopgemaak
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 24
- 1 min read
Die Vaaldam se sesde sluishek is Donderdagmiddag oopgemaak weens die voortgesette swaar reënval in die boonste opvanggebied. In daardie stadium was die Vaaldam op 113-komma-vyf-vier persent van opgaarkapasiteit. Die Departement van Water en Sanitasie het ook wateruitvloei by die Bloemhofdam verhoog in afwagting van die gemete inkomende vloei stroom-op. Een sluishek is by die Grootdraaidam oopgemaak, en die stoorkapasiteit is 105-komma-sewe-een persent. In die Oranjerivier loop die Gariep- en die Vandekloofdam ook oor. Die departement sê mense wat in die vloedvlakte stroom-af van die Vaal- en Bloemhofdam bly, moet so gou as moontlik ontruim en voortgaan om die oorstroomde gebiede te vermy.





Comments