top of page

SEWES RUGBY: Blitsbokke A-span kry waardevolle speeltyd

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 18, 2025
  • 1 min read

Ricardo Duarttee, Mfundo Ndhlovu, Masanda Mtshali en Sebastiaan Jobb sal die naweek vir die Blitsbokke A-span in die Afrika-sewestoernooi in Mauritius uitdraf. Afrigter Philip Snyma het die belangrikheid van hierdiè toernooi beklemtoon as ‘n ontwikkelingsgeleentheid met die oog op die Olimpiese Spele van 2028 in Los Angeles. Nuwelinge Grant de Jager en Ezekiel Ngobeni is ook ingesluit terwyl spelers soos Gideon van Wyk en Joel Leotlela verdere diepte aan die span gaan verleen. Suid-Afrika is in groep B saam met Burkina Faso, Zambië en Nigerië met die aksie wat op 21 en 22 Junie afskop.

 
 
 

Comments


bottom of page