Shadrack Sibiya appeleer teen die verwerping van sy borgtogaansoek

Nov 3
1 min read
Die voormalige nasionale adjunkpolisiekommissaris, luitenant-generaal Shadrack Sibiya, het appèl aangeteken by die Johannesburgse hooggeregshof teen die verwerping van sy borgtogaansoek.
Sibiya is in September in hegtenis geneem en die Randburgse landdroshof het sy borgtogaansoek verlede maand verwerrp. Hy staan tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en seksuele voorbereiding.
SABC-nuus berig die landdroshof het bevind dat hy nie daarin geslaag het om te bewys dat sy saak buitengewone omstandighede behels wat sy vrylating regverdig nie.
Sibiya se regspan voer aan dat die landdros 'n wanopvatting oor die saak gehad het, ondanks getuienis wat die verdediging voorgelê het.










Comments