'Sien jou in die hof,' sê Zille

“Nee. Sien jou in die hof.”
Dit was die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, se antwoord op die leier van die EFF, Julius Malema, se hofdreigement.
Malema eis dat Zille beweerde lasterlike uitlatings terugtrek, in die openbaar om verskoning vra en skriftelik onderneem om nie die bewerings te herhaal nie. Dit kom ná opmerkings wat Zille Sondag in ’n onderhoud gemaak het en wat sedertdien op die sosialemediaplatform X en in mediaberigte versprei is.
Sy beweer die voormalige burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, het Malema toegelaat om belangrike besluite in die stadsraad te dikteer omdat Mashaba die EFF se steun nodig gehad het om aan bewind te bly.
Malema ontken die bewerings ten sterkste en voer aan dat Zille se uitlatings vals en lasterlik is.
Maroela Media berig in antwoord op Malema se dreigement was Zille se regsverteenwoordiger duidelik: “Die antwoord op al die eise is: Nee. Sien jou in die hof.”










Comments