SKOLE SPORT: Bloemfontein maak gereed vir ’n groot sportnaweek
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 14, 2025
- 1 min read
Bloemfontein skud sy vere reg vir ’n groot sportnaweek wanneer die stad se top skole teen mekaar op die rugbyveld in aksie gaan wees waar die Hoërskool Sentraal gasheer speel vir verskeie eindstryde. In die o/14 A en o/15 A liga speel Fichardtpark teen Sentraal waarna die o/16 A’s van Tralies en JF ook sake gaan uitspook om as die kampioen gekroon te word. In die B-liga eindstryde sal die o/15’s van die Hoërskool Bloemfontein en Sand du Plessis mekaar die stryd aansê terwyl Hoërskool Bloemfontein en Brandfort ook om die silwerware vir die o/16 titel sal meeding. In die o/19 A-liga speel Fichardtpark en Sentraal se tweede en derde spanne ook teen mekaar. In die Vrystaat Stadion sal St. Andrews en Hoërskool Bloemfontein meeding vir die o/19 B-liga titel terwyl Fichardtpark en Jim Fouche se eerste spanne in die hoofwedstryd voor die Cheetahs en WP se Curriebeker-ontmoeting mekaar aandurf om te bepaal wie as die A-liga kampioen gekroon sal word. *Eunice en Oranje se o.14 A hokkiespanne sal mekaar Donderdag om 17:15 by Oranje aanvat om die wenner van die Junior A-afdeling te bepaal.






Comments