Slagoffers van behuisingsbedrog in die Vrystaat moet na vore kom
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 3
- 1 min read
Slagoffers van behuisingsbedrog in die Vrystaat word deur die Valke versoek om na vore te kom.
’n Bethlehem-gebaseerde makelaarsmaatskappy, Blue Key Properties, het glo voornemende huiskopers gelok deur advertensies in ‘n plaaslike koerant.
Wanneer mense belangstelling getoon het om te koop, is slagoffers na huise in Bethlehem en Phuthaditjhaba geneem vir besigtiging.
Die mense het daarna ‘n aanbod om te koop geteken en geld in die bankrekeninge van die beskuldigdes gedeponeer.
Hulle het geen huissleutels of ‘n terugbetaling ontvang nie.
Daar het tot dusver 66 slagoffers na vore gekom.
Intussen is twee verdagtes in Augustus in hegtenis geneem. Hulle het reeds in die Bethlehem-landdroshof verskyn.






Comments