top of page

SOKKER: Afrigters vol lof vir FIFA Klubwêreldbeker-toernooi

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 25, 2025
  • 1 min read

Manchester City se afrigter, Pep Guardiola, het sy steun vir die uitgebreide FIFA Klubwêreldbeker-toernooi uitgespreek. Hy het diè kompetisie se uniekheid en die vereniging van klubs oor verskeie vastelande geprys. Bayern Munich se afrigter, Vincent Kompany, het diè sentiment beaam en sê hy sou graag sy speeldae in so ‘n wêreldwye kompetisie wou herleef. Mamelodi Sundowns se afrigter, Miguel Cardosa, het verder beklemtoon hoe waardevol diè toernooi vir die klub se ontwikkeling en ambisies is. Die einste Cardosa se span is Woensdagaand in ’n belangrike Groep F wedstryd teen die hoogaangeskrewe Fluminese in aksie waar hulle volpunte moet verdien om ’n plek in die ronde van 16 te bespreek.

 
 
 

Comments


bottom of page