top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SOKKER: Afrikabeker-kampioen Banyana Banyana oortuig nie in hul openingswedstryd teen Ghana

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 8, 2025
  • 1 min read

Die verdedigende kampioen Banyana Banyana het  sy veldtog in die Afrikabeker-toernooi wel op ’n wennoot teen Ghana afgeskop maar het glad nie oortuig nie. Desiree Ellis se span het in die Honneur-stadion in Oudja, Marokko met 2 – 0 gewen en kon eers in die eerste 28 minute die wurggreep van die Black Queens  losskud waar die Suid-Afrikaners se eerste doel deur middel van ’n strafskop gekom het. Vyf minute later het die veteraan doelskieter Jermaine Seoposenwe weer die agterkant van die doelhok gevind om die oorwinning vir die Suid-Afrikaners te verseël. Banyana is weer Vrydag in aksie teen Tanzanië in hul tweede Groep C wedstryd waarna Mali Maandag op hulle wag in die laaste groepwedstryd.

 
 
 

Comments


bottom of page