SOKKER: Amajita as o.20 sokker-kampioen van Afrika gekroon
- Armando Pieters

- May 19
- 1 min read
Suid-Afrika se o.20-span die Amajita het geskiedenis gemaak deur hul eerste o.20-Afrikabeker-titel ooit te wen met ‘n 1 - 0 oorwinning oor Marokko in Egipte. Gomolemo Kekana het die beslissende doel in die 70ste minuut aangeteken en sodoende die 1997-verloor-eindstryd teen Marokko gewreek. Met diè titel verseker kyk Suid-Afrika nou vorentoe om die vasteland later vanjaar by die FIFA o.20 Wêreldbeker in Chili te verteenwoordig.





Comments