top of page

SOKKER: Bafana Bafana stof Guinee uit in hul tweede Afrika Nasies Kampioenskaps-wedstryd

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 12, 2025
  • 1 min read

Bafana Bafana het Guinee in Kampala in hul tweede Groep C-stryd by die Afrika Nasies Kampioenskap-toernooi met 2 – 1 geklop. Neo Maema het die Suid-Afrikaners se rekening in die 10de minuut geopen waarna Moussa Camara 27 minute later sake gelyk gemaak het. In die 54ste minuut was dit Bafana se doelskieter Thabiso Kutumela wat die wedstryd vir sy span beklink het met die tweede doel. Slegs die twee boonste spanne sal die kwarteindronde haal met Bafana Bafana wat nog teen Niger en Uganda moet speel.

 
 
 

Comments


bottom of page