SOKKER: Bafana Bafana uit die Nasiesbeker geskop na hoogdrama in die laaste minute teen Uganda
- Armando Pieters

- Aug 19
- 1 min read
Bafana Bafana is gisteraand uit die Nasiesbeker-toernooi gestamp nadat twee laat strafdoele teen Uganda hul titel-drome verpletter het. Suid-Afrika was tot in die 88ste minuut voor met 3 – 1 totdat die drama homself afgespeel het in Kampala. Die skeidsregter Vincent Kabore het aan Uganda ’n strafdoel toegeken wat Allan Okello suksesvol mee was. Bafana was nogs steeds daarna oppad na die kwarteindronde maar nog ’n strafdoel deur Uganda se kaptein Rogers Torach in die 94ste minuut het Suid-Afrika se drome gekelder. Kabore en sy video-skeidsregter het beslis dat die bal vanaf ’n Suid-Afrikaner se hand af was en hy het reguit na die strafkol beduie tot groot onsteltenis van die Bafana spelers waar dié span se breier Molefi Ntseki ook op die veld moes hardloop om die gemoedere te kalmeer. Suid-Afrika het in die derde plek geëindig wat nie genoeg was om hulle na die laaste ronde van agt deur te sien nie.





Comments