top of page

SOKKER: Bafana verseker eerste plek in Groep K van Afrikanasiesbeker-toernooi met maklike sege oor Suid-Soedan

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 20, 2024
  • 1 min read

Bafana Bafana het Dinsdagaand gewys dat hy die Afrikanasies-beker titel in die oog het nadat hy Suid-Soedan in Kaapstad met 3 – 0 geklop het. Iqraam Rayners het reeds in die sewende minuut die doelhok gevind waarna Patrick Maswanganyi dit 15 minute later 2 – 0 gemaak het. Teboko Mokoena het die oorwinning verseël met ’n strafskop in die 50ste minuut. Bafana het bo-aan Groep K geëindig met vier oorwinnings uit ses wedstryde. Die 35ste uitgawe van die Afrikanasiesbeker-toernooi skop op 21 Desember 2025 in Marokko af.

 
 
 

Comments


bottom of page