SOKKER: Banyana Banyana word uit die Afrika Nasiesbeker-toernooi geskop deur Nigerië se Super Valke
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 23, 2025
- 1 min read
Die verdedigende Afrika Nasiesbeker-kampioen Banyana Banyana is deur Nigerië se Super Valke in ’n dramatiese halfeindronde wedstryd met 2 – 1 uitgeskakel. Nigerië het eerste die doelhok gevind met ’n strafdoel deur Rasheedat Ajibade in die 45ste minuut waarna Linda Motlhalo sake gelyk gemaak het 15 minute later. Na 90 minute was die wedstryd steeds gelykop maar in die vierde minuut van ekstra tyd was Michelle Alozie die heldin vir haar span toe sy die bal verby Banyana se doelwagter Andile Dlamini gestuur het. Nigerië sal nou in ’n rekord 10de eindstryd speel waar hulle Saterdagaand teen Marokko in Rabat te staan sal kom.






Comments