SOKKER: Bayern Munich deur na Klubwêreldbeker-kwarteindronde
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 30, 2025
- 1 min read
Bayern Münich se Harry Kane het twee keer die doelhok gevind vir ‘n 4 - 2 oorwinning oor Flamengo om die Klubwêreldbeker-kwarteindronde te haal. Ten spyte van ‘n geesdriftige vertoning van Flamengo het verdedigingsfoute hulle duur te staan gekom. Vincent Kompany se manne sal nou Saterdag teen die Europese kampioene Paris Saint-Germain in Atlanta te staan kom vir ‘n plek in die laaste ronde van vier.






Comments