SOKKER: Chelsea behaal merkwaardige oorwinning oor West Ham United op Stamford Bridge
- Armando Pieters

- Feb 4
- 1 min read
Chelsea het weer die vierde plek op die Engelse Premierliga punteleer afgeneem van Manchester City nadat hulle Maandag vir West Ham met 2-1 verslaan het. Die Blues het dit reg gekry om ‘n 1-0 agterstand in die tweede helfte uit te wis deur Pedro Neto en ‘n eie-doel van Aaron Wan-Bissaka. Dit is die eerste keer sedert Desember 2013 in ‘n wedstryd teen Southampton dat Chelsea op Stamford Bridge kon wen nadat hulle rustyd ‘n agterstand moes uitwis.





Comments