SOKKER: Die Brasiliaanse doelwagter Fabio ewenaar die rekord vir die meeste wedstryde gespeel in internasionale mansokker
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 20, 2025
- 1 min read
Die 44-jarige Brasiliaanse legende Fabio het die rekord van die meeste internasionale sokker wedstryde – naamlik 1390 geëwenaar – en deel die merkwaardige prestasie nou saam met Engeland se Peter Shilton. Fabio wat saam met Fluminense die Copa Libertadores in 2023 gewen het, het sy familie bedank vir hulle jarelage ondersteuning en ook gesê dat hy geseënd is met alles wat hy uit dié sport ontvang het. Die flambojante doelwagter wat teen Fortaleza sy 234ste wedstryd vir Fluminense gespeel het, het sy land ook op o.17- en o.20-vlak verteenwoordig en twee keer vir die senior nasionale span uitgedraf.






Comments