top of page

SOKKER: Die Engelse Premier-sokkerliga begin op ’n positiewe noot vir die verdedigende kampioen Liverpool

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 18
  • 1 min read

Die 20-malige wenners van die Engelse Premier Liga Liverpool het die nuwe seisoen goed begin deur Bournemouth met 4 – 2 op Anfield te klop. Hugo Ekitike het in die 37ste die Reds  se rekening geopen waarna Cody Gakpo , Federico Chiesa en Mohamed Salah die res bygedra het. Antoine Semenyo het Bournemouth se twee doele aangeteken. Arsenal het hul Premierliga-veldtog op ‘n wennoot begin toe hulle Manchester United met 1 – 0 op Old Trafford geklop het. Die Red Devils  het verskeie kanse geskep maar die Gunners  het senuwees van staal getoon en die tuisspan se aanvalle bly afweer. In die ander kragmetings het Chelsea en Crystal Palace doelloos gelykop geëindig terwyl Nottingham Forest vir Brentwood gestuit het met 3 – 1.

 
 
 

Comments


bottom of page