SOKKER: Die langverwagte 2026 FIFA Wêreldbeker-kwalifiseerder tussen Suid-Afrika en Nigerië sal by die Vrystaatstadion in Bloemfontein plaasvind
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 4
- 1 min read
Die Vrystaatstadion in Bloemfontein is amptelik goedgekeur om die Wêreldbeker-kwalifiseerder tussen Bafana Bafana en Nigerië aan te bied. Die wedstryd vind plaas op Dinsdag, 9 September om 18:00. Daar was vroeër twyfel oor die speelveld ná die strawwe winter, maar FIFA en CAF het bevestig dat die grasmat gereed is. Intussen berei Bafana Bafana in Johannesburg voor vir twee groot toetse – teen Lesotho op 5 September, en dan vier dae later die belangrike kragmeting teen die Super Eagles in Bloemfontein.





Comments