top of page

SOKKER: Die S.A. jongster Tylon Smith sluit ’n kontrak met die Engelse klub QPR

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 25, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse sokkerster Tylon Smith gaan sy loopbaan in Engeland by Queens Park Rangers voortsit na ’n spogvertoning by die onlangse o.20 Afrikabeker-toernooi in Egipte waar hy ook as Speler van die Toernooi aangewys is. Smith het ook die Span van die Toernooi gehaal. Dié voormalige speler van Stellenbosch FC se dienste is na wat verneem word vir R6 miljoen bekom en op QPR se webtuiste het die uitvoerende hoof Christian Nourry gesê dat die klub baie in hul skik was om eerste te dienste van hierdié lenige sentrale verdediger op papier te kon vaspen. Smith gaan eers by die ontwikkelingspan inskakel nadat hy ’n kontrak van vier jaar gesluit het. *Hy sal ook een van Suid-Afrika se staatmakers wees wanneer die Wêrelbeker-toernooi vir o.20 spanne vanjaar in September en Oktober in Chil afskop.

 
 
 

Comments


bottom of page