SOKKER: Die Sportdepartement ken fondse toe vir die Video Assistent Skeidsregter-stelsel
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 5
- 1 min read
Die Departement van Sport het R82-miljoen uit sy huidige begroting toegeken vir die implementering van die Video Assistent Skeidsregter-stelsel vir Suid-Afrikaanse sokker.
Die stelsel sal voortgesette kommer oor skeidregtersbesluite aanspreek wat tot ontevredenheid onder ondersteuners gelei het.
Die vrystelling van ‘n Versoek om Voorstelle vir die stelseltegnologie en voldoening aan FIFA se Implementeringsbystand- en Goedkeuringsprogram is reeds bereik.
Die departement se woordvoerder, Stacey-Lee Khojane, sê die befondsing sal help met opleidingsprogramme vir skeidsregters en beamptes, tegnologiekeuse en stadion-assesserings.





Comments