top of page

SOKKER: Dortmund skraap deur teen Sundowns

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 23
  • 1 min read

Dortmund het ’n laat terugvegpoging van Mamelodi Sundowns in die FIFA Wêreldbeker-klubtoernooi afgeweer om uiteindelik met 4–3 die septer te kon swaai. Sundowns het eerste die doelhok gevind in die elfde minuut deur Lucas Ribeiro maar vyf minute later het Felix Mmecha sake gelyk getrek. Serhou Guirassy en Jobe Bellingham het Dortmund se voorsprong aan die einde van die eerste helfte na 3–1 gerek. Die Suid-Afrikaners het ’n eie doel in die 59ste minuut deurgelaat maar Iqraam Rayners het drie minute later een teruggetrek terwyl Lebo Mothiba in die 90ste minuut weer die agterkant van die doelhok kon vind met die eindfluitjie wat kort daarna geblaas het. Sundowns is nou derde op die punteleer in Groep F en pak die voorlopers Fluminese Woensdagaand om 21:00 (SA Tyd) in die Hard Rock Stadion in Miami, Florida.

 
 
 

Comments


bottom of page