SOKKER: Engeland hou hul Euro-droom lewend
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 18, 2025
- 1 min read
Engeland het ‘n terugkeer in die vroue-Euro 2025-kwarteindronde teen Swede gemaak om met 3-2 in ‘n strafdoelstryd te wen. Die drama in Zürich het 14 strafskoppe gesien, met doelwagter, Hannah Hampton, wat die Lionesses gehelp om die halfeindronde te haal, en hul titelverdediging lewend te hou. Lucy Bronze se wen-strafskop is deur The Telegraph beskryf as ‘n oomblik van suiwer krag en verset, wat in die Engelse sokkergeskiedenis onthou sal word.






Comments