SOKKER: Iran se deelname aan die FIFA Wêreldbeker bly onseker
- Saamgestel deur Jana Roos

- 6 days ago
- 1 min read
Iran se deelname aan die komende 2026 FIFA Wêreldbeker bly onseker na kommentaar van die land se minister van sport.
Die toernooi sal tussen 11 Junie en 19 Julie deur die Verenigde State, Mexiko en Kanada aangebied word.
EWN berig Iran se minister van sport het gesê die nasionale span moet nie deelneem nie, en die VSA gekritiseer vir die moord op Iran se opperleier, Ali Khamenei. In kommentaar wat op Iranse staatstelevisie uitgesaai is, het Ahmad Donyamali gesê dat, aangesien wat hy as 'n korrupte regime bestempel hul leier vermoor het, hulle onder geen omstandighede aan die Wêreldbeker mag deelneem nie.
Maar die kwessie het 'n ander wending geneem nadat die Amerikaanse president Donald Trump gesê het Iran moet nie aan die toernooi deelneem nie.
'n Sportjoernalis vir The Guardian verduidelik dat die finale besluit by Iran of die Iranse FA of FIFA berus, en dit beteken dat die besluit uit enige rigting kan kom. Hy voeg by dat dit hoogs onwaarskynlik is dat FIFA 'n verbod sal oplê.








Comments