top of page

SOKKER: Leicester City tiener word tweede jongste speler om debuut in Engelse Premier Liga te maak

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 9, 2025
  • 1 min read

Die Engels gebore Jeremy Monga het die tweede jongste speler in die geskiedenis van die Engelse Premier-liga geword toe hy se debuut vir Leicester City teen Newcastle United gemaak het. Monga wat sy land op o.16 vlak verteenwoordig was maar 15 jaar en 271 dae oud toe hy vir die Foxes uitgedraf het waar sy span die onderspit moes delf met 'n 0 – 2 nederlaag. Diè 15-jarige tiener moes ’n trui sonder enige borge se name daarop dra aangesien dit volgens Britse wette verbied word dat ’n speler onder die ouderdom van 18 jaar nie ’n dobbelmaatskappy se naam op sy trui mag dra nie. *Ethan Nwaneri hou nog steeds die rekord van die jongste speler in die Premier-liga en was 90 dae jonger as Monga toe hy sy verskynining vir die Gunners  gemaak het teen Brentford op 18 September 2022.

 
 
 

Comments


bottom of page