SOKKER: Liverpool lig Engelse Premierliga-trofee vir rekord 20ste keer omhoog
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 26, 2025
- 1 min read
Liverpool is Sondagaand as die Engelse Premier-liga wenner vir ’n rekord gelykstaande 20ste keer gekroon toe hulle ’n gelykop-uitslag teen Crystal Palace op Anfield bewerkstellig het met nog vier wedstryde in die seisoen oor. Alhoewel Palace reeds in die 9de minuut die voortou geneem het met ’n doel deur Ismaila Sarr het die Reds se top doelskieter in die liga Mohamed Salah met ses minute oor verseker diè silwerware kry weer staanplek in hul trofeekas. Crystal Palace sal darem nie in sak en as sit nie aangesien die Eagles ook verlede naweek die FA Beker gewen het toe hulle Manchester City met 1 – 0 in die Wembley Stadion getroef het. Man City het ‘n eerste trofeelose seisoen beleef terwyl Man United ook hul slegste veldtog sedert 1974 gehad het. Leicester, Ipswich en Southampton het ook ‘n ongewenste rekord vir die laagste gekombineerde puntetotaal opgestel en is al drie in die relegasie-sone.






Comments