top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SOKKER: Liverpool storm voort in EPL

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 27, 2025
1 min read

Liverpool het hulle stormlopie na die Engelse Premierliga titel voortgesit na hulle oor die naweek vir Ipswich Town met 4-1 verslaan het op Anfield. Hulle voorsprong oor Arsenal is ses punte, met Gunners wat hulself in die resies hou in ‘n 1-0 wen oor Wolverhampton. Manchester City is weer in die vierde plek, na hulle vir Chelsea met 3-1 geklop het en is drie punte agter Nottingham Forrest, wat derde lê, na hulle met 5-0 verslaan is deur Bournemouth. Manchester United kon uiteindelik weer op die wenpad kom in die Premierliga, net ‘n 1-0 wen oor Fulham.

 
 
 

Comments


bottom of page