SOKKER: Liverpool teken Hugo Ekitike in ‘n £79 miljoen-ooreenkoms
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 24, 2025
- 1 min read
Liverpool het die dienste van Hugo Ekitike van Eintracht Frankfurt bekom in ‘n oordrag wat tot £79 miljoen kan klim. Diè 23-jarige doelskieter sluit aan na ‘n uitstekende seisoen in die Bundesliga en sal by die groep inval vir die voorseisoentoer in Asië afhangende van ‘n finale goedkeuring. Ekitike wat reeds 15 doele aangeteken is die nuutste groot toevoeging tot die span se heropbou-fae wat die klub se besteding verby die £250 miljoen kerf geneem het. Liverpool het Newcastle geklop om sy handtekening op papier te kry wat hul langtermynvoorneme aandui om die Reds se aanval-llinie te versterk na Jurgen Klopp se vertrek.






Comments