top of page

SOKKER: Man City se Kampioeneliga hoop in weegskaal na gelykopuitslag teen Man United

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 7, 2025
  • 1 min read

Manchester City se Kampioeneliga-hoop hang in die weegskaal na 'n gelykop-uitslag van 0 - 0 teen Manchester United aangesien hulle in die vyfde plek in die Premierliga bly met Newcastle net twee punte agter en met twee wedstryde in die hand. Pep Guardiola se span wat die meeste besit geniet het, het gesukkel om geleenthede te skep terwyl Manchester United teen rustyd gevaarliker gelyk het in ‘n wedstryd behoorlik aan die gang kon kom nie. Kevin De Bruyne was briljant terwyl Phil Foden, City se beste kans verkwis het en United se laat plaasvervangers Zirkzee en Mount ook gestuit is deur ‘n paar skerp Citizen-verdedigers. Beide Guardiola en United se Amorim het erken dat daar groot ruimte vir verbetering is want dit lyk asof nie een van die spanne waarskynlik in die top vier sal eindig nie - iets wat nog nooit met albei klubs in die Premierliga-era gebeur het nie.

 
 
 

Comments


bottom of page