SOKKER: McKenzie sê kritici van Jordaan moet hom uitdaag
- Saamgestel deur Jana Roos

- Mar 10
- 1 min read
Die minister van Sport, Gayton McKenzie, sê diegene wat ontevrede is met SAFA-president, Danny Jordaan, moet die komende verkiesing betwis eerder as om oor die vereniging se leierskap te kla.
Sy kommentaar volg op ‘n hittige vergadering van die SAFA Nasionale Uitvoerende Komitee onder voorsitterskap van Jordaan, wat na bewering in ‘n fisiese onderonsie tussen lede geëindig het. McKenzie het kritici aangemoedig om hul name na vore te bring as hulle glo dat Jordaan nie goeie werk doen nie.
Die minister het ook gewaarsku dat hy CAF en FIFA kan nader om die gedrag van kommitee-lede te ondersoek, terwyl hy bygevoeg het dat enige geskille oor SAFA se grondwet of verkiesingsprosesse eers binne sokker se interne strukture aangespreek moet word.








Comments