top of page

SOKKER: ’n Franse sokkerspeler kry ’n kruiwa vol aartappels vir die Speler van die Wedstryd-toekenning

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 7, 2025
  • 1 min read

’n Franse sokkerspeler het vir sy toekenning as Speler van die Wedstryd nie kontant ontvang nie maar 55kg se “gesondheid-uit-die-grond-uit” – ’n kruiwa vol aartappels. Maxime Soulas het sy klubspan Sønderjyske uitgeblink in hul 3 – 2 oorwinning oor Nordsjaelland. Die 26-jarige verdediger het die aartappels aan sy klub se kafeteria gegee wat dit toe aan ‘n sopkombuis geskenk het. Soulas het in 2020 na Denemarke verhuis voordat hy ‘n jaar later by Sønderjyske aangesluit het. Die Fransman het ook vroeër vir PSV Eindhoven in Nederland uitgedraf.

 
 
 

Comments


bottom of page