top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SOKKER: Newcastle klop Arsenal om plek in Ligabeker eindstryd vas te maak

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 6, 2025
1 min read

Newcastle United is deur na die eindstryd van die Engelse Ligabeker-toernooi na hulle Woensdagaand vir Arsenal verslaan het. Die twee Engelse klubs het op die St. James’ Park-stadion ontmoet waar Newcastle met 2 - 0 kon seëvier. Die Magpies  het die eerste been kragmeting op die Emirates-stadion ook die Gunners met 2 - 0 geklop wat aan hulle ‘n algehele oorwinning van 4 - 0 besorg het. Newcastle sal in die eindstryd of teen Liverpool of Tottenham te staan kom met die twee klubs wat mekaar Donderdagaand die stryd sal aansê waar Spurs reeds ‘n voorsprong van 1 - 0 geniet.

 
 
 

Comments


bottom of page