top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SOKKER: Spaanse Federasie het mishandeling van skeidsregter na Jude Bellingham rooi kaart veroordeel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 19, 2025
  • 1 min read

Die Spaanse Sokkerfederasie het die mishandeling van skeidsregter Jose Munuera Montero veroordeel nadat hy Real Madrid se Jude Bellingham van die veld gestuur het in hulle La Liga kragmeting teen Osasuna wat uiteindelik met 1 – 1 geëindig het. Na diè voorval was Montero en sy familie geteister op sosiale media waar die Federasie die toenemende mishandeling van skeidsregters aangespreek het. Bellingham het die rooi kaart ontvang weens die gebruik van kru-taal maar die speler het aangedring dat sy woorde verkeerd geïnterpreteer was. Daar word verwag dat Bellingham ‘n lang skorsing sal ontvang.

 
 
 

Comments


bottom of page