top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SOKKER: Spaanse legende Pepe Reina pak handskoene na 25 jaar weg

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 21, 2025
1 min read

Die legendariese Spaanse doelwagter Pepe Reina gaan uteindelik na 25 jaar finaal die handskoene wegpak. Reina wat sy debuut in 2000 vir Barcelona gemaak het, het ook in 109 wedstryde vir Villarreal gespeel. Daarna het hy hom by Liverpool in 2005 aangesluit en was vir agt seisoene lank ’n staatmaker vir die Reds in die doelhok. Reina het ook drie Goue Handskoen toekennings ontvang wat aan die doelwagter toegeken word wat die minste doele in die Engelse Premier Liga-seisoen afgestaan het. Die Spanjaard wat vorentoe as ’n afrigter sy stempel gaan wil afdruk was ook deel van 2010 Wêreldbeker-span toe die La Roja  diè trofee in Suid-Afrika omhoog kon lig.

 
 
 

Comments


bottom of page