top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Solidariteit bied nood-ondersteuning aan voormalige G4S-werknemers

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 9
1 min read

Die burgerregte-organisasie Solidariteit werk saam met Solidariteit Helpende Hand om noodondersteuning te bied aan voormaglige G4S-werknemers wat steeds geen gereelde salaris en ononderbroke diensvoordele van óf G4S óf die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) ontvang nie.


Hierdie ondersteuning is egter slegs noodverligting en vervang geensins die verpligtinge wat volgens Solidariteit uit die arbeidshof se bevel voortvloei nie.


Solidariteit het die DKD aangemaan om uitvoering te gee aan die bestaande hofbevel rakende die Mangaung- korrektiewe sentrum en sy werknemers.


Volgens 'n verklaring op die beweging se webtuise oorweeg hy moontlike litigasie indien die DKD steeds versuim om uitvoering aan die bevel te gee.


Die arbeidshof het reeds op 30 April beslis dat die betrokke G4S-werknemers outomaties na die DKD oorgeplaas moes word, met die voortsetting van hul diens en die regte en verpligtinge wat ingevolge die Wet en die hofbevel beskerm word.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page