Solidariteit is teleurgesteld oor sy hofaansoek oor die DKD en G4S

Solidariteit is teleurgesteld nadat die hof sy dringende aansoek van die hand gewys het en ’n kostebevel teen hom toegestaan het.
Dit kom nadat Solidariteit die Arbeidshof genader het sodat die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) die bestaande hofbevel moet implementeer dat voormalige G4S-werknemers vanaf 1 Julie 2026 formeel as DKD-werknemers erken moet word.
Rosestad-nuus het Solidariteit se kommunikasie van 'n betroubare bron af onder oë gehad. Dit verduidelik dat die hof wel bevind het dat die oorspronklike bevel tans opgeskort is omdat DKD se appèl-aansoek teen die weiering van sy kondonasie-aansoek nog hangende is.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder die hof het ook bevind dat die aansoek nie dringend genoeg gebring is nie.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Die hof het bevind dat hoewel die verlies aan salaris en diensvoordele werklike en ernstige benadeling veroorsaak, dit later grootliks deur retrospektiewe vergoeding herstel kan word. Solidariteit sê hy is teleurgesteld dat die hof die ernstige mediese, finansiële en persoonlike omstandighede van sy lede op hierdie wyse beoordeel het.
Solidariteit sê sy regspan bestudeer nou die uitspraak en die moontlike verdere regstappe, insluitend ’n moontlike appèl.








Comments