top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Solidariteit kritiseer die polisiediens se bevorderingspraktyke

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 21
1 min read

Die vakbond Solidariteit sê gebrekkige bevorderingsprosesse binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens kos belastingbetalers geld en benadeel beamptes onregverdig.


Die kommentaar volg op ‘n uitspraak van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie wat bevind het dat die polisiediens kaptein Christiaan du Plessis onregverdig van ‘n stasiebevelvoerder-kortlys in Moorreesburg uitgesluit het, ten spyte daarvan dat hy gekwalifiseerd is.


Die polisiediens is gelas om hom die ekwivalent van 10 maande se vergoeding te betaal.

Solidariteit sê bevorderingspanele versuim herhaaldelik om die polisiediens-prosedures te volg en versoek ondersoeke na die betrokke amptenare.


Die vakbond se Theunis van Staden sê vorige klagtes oor soortgelyke gevalle het ook onbeantwoord gebly.


260821nTheunis_van_Staden_Saps

Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page