top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Solidariteit pleit by die Withuis dat Suid-Afrika in Agoa bly

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
6 hours ago
1 min read

Solidariteit het by die Withuis gepleit dat Suid-Afrika ook in 2027 deel van Agoa moet bly.


Volgens Solidariteit het sy hoof van openbare skakeling, Jaco Kleynhans, dié beroep tydens gesprekke met die Trump-administrasie in Washington gedoen.


Die Withuis sal na verwagting Maandag bekend maak watter lande vir Agoa-voordele in 2027 sal kwalifiseer.


Solidariteit is op uitnodiging in die VSA en tree in vir bedrywe soos landbou en mynbou, en vir sowat 250 000 Suid-Afrikaners wie se werk van Agoa afhang.


Kleynhans sê in ‘n video hulle is bekommerd dat die Suid-Afrikaanse regering nie genoeg gedoen het om Suid-Afrika te verdedig nie, en voeg by dat dit ‘n groot jammerte is dat die regering nie met erns opgetree het om die diplomatieke risko tussen die twee lande te verminder nie.


Jaco Kleynhans. FOTO: Maroela Media
Jaco Kleynhans. FOTO: Maroela Media

 

 
 
 

Comments


bottom of page