Solidariteit vat Amazon hof toe oor die uitsluiting van wit ondernemings

Solidariteit het Amazon Web Services by die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (O.E.S.O.) in Washington verkla oor die uitsluiting van ondernemings met enige wit eienaarskap uit ’n ontwikkelingsprogram vir Suid-Afrikaanse kleinsakeondernemings.
Solidariteit sê die vereiste dat ondernemings 100% swart besit moet wees, oortree O.E.S.O.-riglyne oor verantwoordelike sakegedrag en gaan verder as wat enige Suid-Afrikaanse wet vereis.
Amazon sê hy het Suid-Afrika se swart ekonomiese bemagtigingsbeleid vir die program gevolg.
Volgens Solidariteit is dié verweer egter nie voldoende nie, omdat geen Suid-Afrikaanse wet 100% swart aandeelhouding vereis nie. Ondernemings met selfs gedeeltelike wit eienaarskap word volgens Solidariteit outomaties uitgesluit, ongeag hul grootte of potensiaal.
Solidariteit se uitvoerende hoof, Dirk Hermann, sê die Amerikaanse regering sal ook oor die klagte ingelig word. Die organisasie vra die O.E.S.O. om bemiddeling en, indien nodig, aan te beveel dat Amazon die rasvereistes vir deelname aan die program skrap.








Comments