Spesialisdokters verlaat openbare hospitale soos die NGV nader
- Saamgestel deur Jana Roos

- Dec 19, 2025
- 1 min read
Mediese kenners waarsku dat indien die Departement van Gesondheid nie ‘n gunstige werksomgewing skep nie, spesialisdokters en ander praktisyns sal aanhou om na die privaatsektor te skuif.
Dit kom terwyl die departement voorberei vir die Nasionale Gesondheidsversekering.
Die waarskuwing volg op onlangse statistieke wat toon dat 12-duisend-745 dokters tussen 2013 en vanjaar uit die staatshospitale bedank het om by die privaatsektor aan te sluit. Dit het ook aan die lig gebring dat 58-duisend-897 verpleegsters en eenduisend-341 aptekers gedurende dieselfde tydperk bedank het.
‘n Gesondheidskenner, Atiya Mosam, waarsku dat die toenemende bedankings ‘n stelsel onder druk aandui, veroorsaak deur gevriesde poste, besparingsmaatreëls en toenemend swaarder werklas.




Comments