top of page

Vier regsake dreig die NGV maar planne gaan voort

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 10, 2025
  • 1 min read

Gesondheidsminister Aaron Motsoaledi gaan voort met die vestiging van die instellings wat die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal bestuur, ten spyte van vier regsuitdagings wat tans by die howe is. Volgens News24 het Motsoaledi riglyne vir openbare kommentaar gepubliseer oor die bestuursreëling om die advieskomitees te stig. Dit word glo deur die NGV-wet vereis. Die eerste stap is die oprigting van 'n ad-hoc-adviespaneel wat kandidate vir die raad sal aanbeveel. Drie ander adviesrade, soos die Voordele-, Prys- en Belanghebbendes-advieskomitees, sal ook deur die minister van gesondheid aangestel word.

 
 
 

Comments


bottom of page