Spookwerkers raak alle sfere van die regering
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 10, 2025
- 1 min read
Die verskynsel van spookwerkers is volgens die parlement se Portefeuljekomitee vir Staatsdiens en Administrasie nie ‘n administratiewe fout nie, maar georganiseerde misdaad binne die regering. Die voorsitter van die komitee, Jan de Villiers, meen die kwessie is so wydverspreid dat duisende spookwerkers tans die stelsel van miljoene rande elke maand melk nadat hulle die betaalstaatstelsel binnegedring het. De Villiers het ‘n inligtingsessie in die parlement toegespreek as deel van die bestuursgroepering. Hy sê die verskynsel raak alle sfere van die regering en nie net regeringsinstansies nie.







Comments