SPORT: 'n Opsomming van die naweek se hoogtepunte
- Saamgestel deur Jana Roos

- Mar 9
- 2 min read
In sewesrugby: Die Blitsbokke het Spanje in die Vancouver-sewestoernooi in Kanada met 38-12 afgeransel. Suid-Afrika het teen rustyd met 17-0 voorgeloop. Vroeër het die Blitsbokke Australië met 19-17 geklop.
In nuus uit die wêreld van krieket: Indië het sy T20-wêreldkampioentitel suksesvol verdedig met 'n oorwinning van 96 lopies oor Nieu-Seeland in Ahmedabad. Indië, wat vanjaar se toernooi saam met Sri Lanki aangebied het, het 255 lopies vir die verlies van 5 paaltjies aangeteken. Nieu-Seeland is daarna vir net 159 lopies in die 19de boulbeurt uitgehaal.
Die volgende T20-wêreldbekertoernooi word aanstaande jaar in Oktober en November in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe aangebied.
In tennis-nuus: Die sewemalige Grand Slam-kampioen, Venus Williams, het uit Indian Wells getree na ‘n nederlaag in drie stelle teen die Franse kwalifiseerder, Diane Parry, wat ‘n oorwinning van 6-3, 6-7, 6-1 beklink het.
In die mans se loting het die Bulgaarse veteraan, Grigor Dimitrov, vir Terence Atmane in drie stelle geklop om ‘n tweede ronde-konfrontasie met die top-gekeurde, Carlos Alcaraz, op te stel.
En in sokker-nuus: Leeds United het Norwich City oortuigend geklop met ’n skouspelagtige aanvallende vertoning om vir die eerste keer in 23 jaar die FA-beker se kwarteindstryd te haal. Daniel Farke se span sluit nou aan by Liverpool, Chelsea, Manchester City en Arsenal in die trekking vir die kwartfinale. Die trekking vind Maandag plaas, voor West Ham se wedstryd teen Brentford.
Daar was ook elders verrassings Sondag. Southampton het die eerste span uit die Championship geword om die laaste agt te haal nadat hulle Fulham geklop het, terwyl League One-span Port Vale vir Sunderland verras het in ’n klassieke FA-beker-skok.
Intussen sê Tottenham Hotspur se doelskieter, Dominic Solanke, die klub moet dringend ‘n manier vind om Premierliga-relegasie te vermy, na ‘n 3-1-nederlaag teen Crystal Palace.
Ten spyte van ‘n sterker tweede helfte-vertoning het Spurs tot ‘n vyfde agtereenvolgende liga-nederlaag gegly, wat hulle net bokant die afvalsone in die sestiende plek laat sweef.








Comments